What: 🎵 Seun

https://www.quicket.co.za/events/319622-seun/
When:
Where: 🕳 Idasvallei Primêr
How much:
🎟️ R200.00Quicket
🎟️ R250.00Quicket
Met Wilhelm van der Walt
Dana Snyman deel in Seun die deel van sy storie waaroor hy nog nooit gepraat het nie: sy ervarings in die 1980’s. Dit is die tyd van P.W. Botha se vinger, die Voëlvry-toer, AWB-saamtrekke, onderhandelings en die laaste dae van diensplig. Dana word oneervol ontslaan uit die weermag, maar eers maak hy ’n draai in Saal 24. Dié rou, selfonthullende memoires vra: Hoe word ’n seun ’n man? ’n Seun wat nie ’n meisie se aandag kan trek nie? ’n Seun wat nie goed genoeg is vir die weermag nie? Seun is ’n aangrypende relaas oor grootword tydens die doodsnikke van ’n politieke stelsel, oor manlikheid en oor eer, en oor die liefde wat uiteindelik alles oorkom.
Vervaardiger Leftfoot Theatre Productions, InnibosRegisseur Nico ScheepersVerwerker Johann Smith, gegrond op Dana Snyman se boek Oorspronklike musiek Kate BorthwickVerhoogbestuur Jean du Plessis
Moontlik gemaak deur NATi en Innibos