Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 🎵 Beste Van Alle Tye

Beste Van Alle Tye

https://www.quicket.co.za/events/338751-beste-van-alle-tye/

When:

Where: 🕳 Kaapstad Toneelhuis

How much:

🎟️ R250.00Quicket

Beste Van Alle Tye is ’n satiriese blik op Afrikaner-wees in die 21ste eeu. Ané Koegelenberg en Christie van Niekerk ontleed die politiese, maatskaplike, kulturele en absurde landskappe waarin Afrikaners/“Afrikaners”/Afrikaanssprekendes hulself bevind en uitleef. Van popmusiek tot piramideskemas, tafelgebede en ’n voorliefde vir die akuut - niks hier is heilig (of veilig) nie. Dié produksie is ’n karatewater-konkoksie van sketse, musiek, dans en parodieë. Beste Van Alle Tye is vir Kanna- toekennings genomineer vir beide Beste Aanbieding: Blitsteater en Beste Aanbieding: Komedie by die KKNK vir 2025.

ANÉ KOEGELENBERG: SKRYWER, REGISSEUR, ONTWERP, SPELERAné is ‘n toegepaste teaterpraktisyn/teatermaker en het in 2021 ‘n BA(Hons) Drama- en Teaterstudie by Stellenbosch Universiteit verwerf. Sy is een helfte van die komiese duo agter die bekroonde produksie ‘n Gek vir jou/A Fool For Youwat mees onlangs by die 2025 National Arts Festival ‘n BRONS Standard Bank Ovation Award losgeslaan het. Sy word in 2023 genomineer vir Beste Prestasie in ‘n Dans- produksie by die Toyota Stellenbosch Woordfees. Sy behartig ook die stem- vertolking vir die karakter Astrid in e.tv se Koel Kop, Warm Hart, ‘n Afrikaanse oorklanking van die Franse misdaaddrama.

CHRISTIE VAN NIEKERK: SKRYWER, REGISSEUR, ONTWERP, SPELERChristie is ‘n teatermaker en komediant en het in 2022 ‘n BA(Hons) Drama- en TeaterstudIe by Stellenbosch Universiteit verwerf. Sy is die ander helfte van die komiese duo agter die bekroonde produskie ‘n Gek vir jou/A Fool For You wat mees onlangs by die 2025 National Arts Festival ‘n BRONS Standard Bank Ovation Award losgeslaan het. In 2024 vertolk sy die rol van Carly in Andi Colombo se 32 Lavender Close, wat ook daardie jaar ‘n BRONS Standard Bank Ovation Award by NAF verower het. In diselfde jaar dring sy ook deur na die uitdunrondtes van die Jive Funny Championship, en word in die daaropvolgende jaar by die Savannah Comics’ Choice Awards se Newcomer Showcaseingesluit. Sy is ook die skrywer van die gewilde Tjokkertoneel-produksies Kosblik (2023) en Sokkieverse (2024).