What: 🎵 Jo Black live by Kapstadt Brauhaus Bloubergstrand

https://www.quicket.co.za/events/328345-jo-black-live-by-kapstadt-brauhaus-bloubergstrand/
When:
Where: 🕳 Kapstadt Brauhaus Blouberg
How much:
🎟️ R265.00Quicket
Jo Black – man, pa, musikant en storieverteller. ’n Sanger met ’n passie vir mense. Bekend vir sy groot baard en diep stem, het hy ’n huishoudelike naam geword wat ’n passievolle, outentieke en rou uitvoering van inspirerende liedjies in ’n toeganklike rockstyl lewer. Met ’n reputasie as Suid-Afrika se hipster met die groot hart het hy bekend geword, nie net vir sy musiektalent nie, maar ook vir sy toewyding om ander te inspireer en op te hef. ’n Trots Suid-Afrikaanse musikant wie se lirieke die gewig van positiewe waardes dra, en ander uitdaag om beter weergawes van hulself te wees. Sy musiek en stories resoneer met jonk en oud, en die impak strek ver buite die grense van die musiekbedryf. Hierdie persoonlikheid het die harte van miljoene verower met sy aansteeklike energie en opregte warmte. Sy leuse is om almal soos iemand te laat voel, want niemand verdien om soos ’n niemand te voel nie.
Belangrike informasie:Sodra jou kaartjie gekoop is, word ’n tafel automaties aan jou geallokeer deur die bestuur van Kapstadt Brauhaus Bloubergstrand. Deure maak 18:00 oop en die vertoning begin om en by 19:30.Kapstadt Brauhaus is nie ’n teater nie maar ’n operationele restaurant. Kos en drankies sal gedurende die vertoning bedien word.