Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 🎵 Elandré live by Kapstadt Brauhaus Durbanville

Elandré live by Kapstadt Brauhaus Durbanville

https://www.quicket.co.za/events/318267-elandr-live-by-kapstadt-brauhaus-durbanville/

When:

Where: 🕳 Kapstadt Brauhaus Durbanville

How much:

🎟️ R220.00Quicket

🎟️ R265.00Quicket

🎟️ R300.00Quicket

Elandré het op 19 die klein-kusdorp van Despatch verlaat vir teaterskool in Kaapstad. Dit was slegs ’n paar jaar na sy ontmoeting met Kaapstad wat sy fyn waarneming en lewenslange liefde vir die verhoog, goed te hande sou kom. In 2016, het sy weghardloop-video weergawe van Bruce Springsteen se ‘Tougher than the Rest’, vir hom sy eerste platekontrak in die sak gebring.

Na slegs ’n paar jaar het hy tussen ateljee en verhoog getroue ondersteuning onder Afrikaanse luisteraars vergader met sy kenmerkende stem en vars unieke pop perspektief.

Sy katalogus vertoon Afrikaanse musiek gekleë in ’n reeks nuwe uitrustings; nostalgies vooruitstrewend met elke nuwe snit.

Ons is baie opgewonde om vir Elandré terug te verwelkom op verhoog by die verskeie Kapstadt Brauhaus winkels na sy vorige uit verkoopte vertonings.

Belangrike informasie:Sodra jou kaartjie gekoop is, word ’n tafel automaties aan jou geallokeer deur die bestuur van Kapstadt Brauhaus Durbanville. Deure maak 18:00 oop en die vertoning begin om en by 20:00. Kapstadt Brauhaus is nie ’n teater nie maar ’n operationele restaurant. Kos en drankies sal gedurende die vertoning bedien word.