What: 🎵 RAAF live by Kapstadt Brauhaus Langebaan

https://www.quicket.co.za/events/318397-raaf-live-by-kapstadt-brauhaus-langebaan/
When:
Where: 🕳 Kapstadt Brauhaus Langebaan
How much:
🎟️ R195.00Quicket
🎟️ R250.00Quicket
RAAF - ‘n Fees van hulle nuutste musiek, lirieke, digkuns en daardie kenmerkende energie wat jou lank na hierdie vertoning geïnspireer sal los om vol en kleurvol te lewe!Lourens en Esté RAAF doen die lewe anders - elke dag is ‘n avontuur, elke oomblik ‘n geleentheid. Met dié vooruitsig bring hulle die musiek van die splinternuwe PREDIKER album asook van die ou gunstelinge na Kapstadt Brauhaus in Langebaan.
Met hulle verhoog vol instrumente en skatkis vol stories beloof dit om ’n konsert te wees wat jy nie wil misloop nie…
RAAF is ’n trotse Afrikaanse groep wat ook ’n keur van Engelse liedjies bevat. Hul repertorium sluit blues, rock en ballades in wat sterk emosies ontlok. Hul musiek verbind met mense oor verskillende tale en kulture heen, wat verseker dat daar iets vir almal is, ongeag hul ouderdom.
Kom klim op die RAAFtuig vir ‘n reis van musiek wat jou gaan laat lag, huil en mees beslis gaan laat partytjie - ‘n musiek ervaring wat jy nooit gaan vergeet nie!