What: 📅 KKNK Feesmark 2026 - VOLUIT-feeskaartjie
When:
Where: 🕳 KKNK Feesterrein, De Jager Sportsentrum, Voortrekkerweg, Oudtshoorn
How much:
🎟️ R700.00Webtickets
Fees voluit in die Feesmark!
Kry ongelooflike waarde vir jou geld op die KKNK se feesterrein! Ure se vermaak en pret wag hier op die hele gesin – alles op één plek. Optredes deur van Suid-Afrika se gunstelinge op twee musiekverhoë, betowerende kinderteater in die Klein KKNK-teater en teatervermaak met Blitsteater se blitsvinnige teaterhappies wag hier op jou. Stap deur die hordes stalletjies, maak ’n draai in die KKNK-winkel, smul by die kosstalletjies en koel af by die kroeë en gesellige kuierplekke. Verdere opwinding en verrassings wag by verskeie borge- en ander aktiverings, met die geesdriftiges wat die pretpark kan aandurf. Geen troeteldiere word toegelaat nie.