What: 📅 Kersfees-klavierklanke, Kos en Kuier in die Katedraalkelder - saam met Die Burger
When:
Where: 🕳 KWV Cathedral Cellar
How much:
🎟️ R950.00Quicket
Kersfees-klavierklanke, Kos en Kuier in die Cathedral Cellar - saam met Netwerk24 en Die Burger
Die feestyd is op ons drumpel en Netwerk24 en Die Burger nooi jou nou uit om hierdie spesiale tyd saam met die bekroonde pianis Rocco de Villiers en die sjef Mynhardt Joubert te kom inlui!Kom sluit aan op hetsy 26 of 27 November vanjaar vir ’n Kersfees-kuierkonsert soos min saam met Rocco in die KWV se Cathedral Cellar in die Paarl. Al twee etekonserte sluit ’n heerlike driegangete uit sjef Mynhardt se kombuis in, sowel as KWV se Cathedral Cellar- wyne.
Wat moet jy weet? Al twee etekonserte begin om 18:00 vir 18:30 en kos R950 per persoon. Die kaartjieprys sluit ’n verwelkomingsdrankie, driegangete, ’n glas wyn met elke gang en Rocco se vertoning in. KWV-wyne en heerlike vrugtekoeke sal ook op die aand verkoop word.
Hierdie twee aande beloof om die ideale geleentheid te wees om die feestyd in te lui - moet dit nie misloop nie!Vir meer inligting en ander navrae, stuur e-pos na samantha.vandenberg@media24.com