What: 📅 Die siel van Eugène Marais
When:
Where: 🕳 Laerskool Wesbank-teater (Vredestraat) Door Deal
How much:
🎟️ R165.00Webtickets
Musiekteater
MET Daniel Anderson en Paul Ferreira TEKS EN REGIE Amanda Bothma MUSIEKREGIE Paul Ferreira
’n Dramatiese reis deur die innerlike wêreld van een van Suid-Afrika se mees komplekse en tragiese literêre figure. Hierdie kabaret speel af teen die agtergrond van ’n onstuimige tydperk in die Afrikaner- en Suid-Afrikaanse geskiedenis. Marais, ’n onwaarskynlike Afrikanerheld, pas nie netjies in die boksie van die tradisionele ikoon nie – en juis dáár lê sy betekenis. Die stuk volg sy metamorfose van ’n sjarmante jong joernalis en charismatiese student in Londen tot die gebroke, verslete man in sy latere jare.
Afrikaans en Engels • Gesin OB • 65 min.