What: 🎵 Luna Paige - Die Reisiger Albumbekendstelling
When:
Who: 🎤 Luna Paige
Where: 🕳 Drostdy Theatre, Cnr Alexander St &, Bird St
How much:
🎟️ R150.00Webtickets
Luna Paige is een van Suid-Afrika se mees onderskeidende sanger- liedjieskrywers, bekend vir haar poëtiese lirieke en genre-oorskrydende musiek. In September 2026 stel sy haar nuwe Afrikaanse album, Die Reisigers, bekend – ’n versameling liedere geïnspireer deur haar Camino de Santiago- pelgrimstog en reise deur Suider-Afrika en Europa.
Luna word op die verhoog vergesel deur die bekroonde kitaarspeler Mauritz Lotz, bekend vir sy meesterlike musikaliteit en jare lange samewerking met van Suid-Afrika se voorste kunstenaars. Op klawers en elektronika is André Scheepers, ’n veelbekroonde komponis, vervaardiger en klankkunstenaar wat die produksie se filmiese klankwêreld help vorm. Saam neem hulle gehore op ’n onvergeetlike musikale reis.
Die Reisigers is meer as net ’n album. Luna verpak hierdie musiekversameling in ’n spesiale boek met persoonlike staaltjies, al die lirieke en oorspronklike kunswerke deur Theo Paul Vorster – ’n unieke versamelstuk wat elke Luna Paige-aanhanger in hul boekrak behoort te hê. In ’n digitale era glo Luna dit is belangrik dat musiekliefhebbers iets tasbaar kan vashou: ’n boek waardeur hulle kan blaai, waarin hulle hulself in haar musiekwêreld kan verdiep en wat hulle as ’n blywende herinnering ná die konsert huis toe kan neem.