What: 📅 Hoe speel die orrel sit-sit so?

https://www.quicket.co.za/events/319753-hoe-speel-die-orrel-sit-sit-so/
When:
Where: 🕳 Moederkerk
How much:
🎟️ R70.00Quicket
Met Zorada Temmingh
“Die koning van instrumente”. “Box of whistles”, soos my klavierdosent fronsend daarna verwys het. “Die magtige dreuning”. Die onderwerp van amper net soveel grappe as oor altviole. Klawerbord- of blaasinstrument? Meganiese, pneumatiese, elektriese of digitale instrument? Praat, sing of skree ’n orrelpyp? Watter pyp maak watter klank? En hoe speel die ding nou eintlik? Zorada gesels en wys hoe.