What: 📅 Afrikaans 100 Gedenklesing | Genadendal

https://tickets.tixsa.co.za/event/afrikaans-100-gedenklesing-genadendal
When:
Where: 🕳 Morawiese Kerk Genadendal
How much:
Afrikaans 100 Gedenklesings
Gedenklesings om hierdie mylpaal in Afrikaans se geskiedenis te vier en
erkenning aan Afrikaans te gee word in die Weskaap en Gauteng aangebied. Ons
taaljuwele in die reis van Afrikaans, naamlik die Bo-Kaap, Genadendal, Paarl
en Pretoria sal elk ’n noemenswaardige rol speel. Afrikaans het sy eerste tree
in die Bo-Kaap gegee en dit is dus gepas dat die openingseremonie daar sal
plaasvind met gedenkslesings wat in Genadendal, Paarl en Pretoria sal wees.
Genadendal, sowat 135 km van Kaapstad, is ’n belangrike baken in die
geskiedenis van Afrikaans. Dit is die tuiste van die eerste sendingstasie, die
eerste Afrikaanse opleidingsentrum vir onderwysers was daar en De Bode van
Genadendal (1859) was die eerste Afrikaanse koerant daar gedruk. Om hierdie
geskiedkundige gebeure te herdenk, is daar ’n spesiale gedenklesing en
huldeblyk oor en aan Afrikaans by Genadendal. Die Paarl het self diep spore in
die taal getrap met onder meer die Eerste Afrikaanse Taalkongres wat in 1896
daar gehou is. Pretoria is ’n belangrike baken in Afrikaans. Dit is op 16
November 1855 gestig en die Universiteit van Suid-Afrika (1873) en die
Universiteit van Pretoria (1908) is vandag steeds gerekende akademiese
instellings.
9 Mei – 10:30 tot 12:30
Morawiese Kerk, h/v Moravia- en Kerkstraat, Genadendal
Gratis, maar kaartjies moet by Tixsa bespreek word
KOM IN KONTAK
012 880 2635
support@tixsa.co.za
WERKURE
Kaartjieverkope Ondersteuning:
Maandag - Vrydag: 09:00 - 17:00
Saterdae: 10:00 - 14:00
Sondae: 10:00 - 13:00
Openbare Vakansiedae: 10:00 - 13:00