Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 📅 SARIE Kersfeesetes 2025 aangebied deur TODAY

SARIE Kersfeesetes 2025 aangebied deur TODAY

https://www.quicket.co.za/events/309070-sarie-kersfeesetes-2025-aangebied-deur-today/

When:

Where: 🕳 Nasdak Rooftop Venue, Media24-sentrum

How much:

🎟️ R850.00Quicket

Merk nóú jou kalender vir ’n sprankelende SARIE Kersfeesete saam met vriende, familie, of albei – en weet: jy skop die feesseisoen reg af.

Kersfees vang ’n mens mos altyd onverwags – jy haal net jou somerklere uit, dan gaan die liggies al op in die winkelsentrums. Wees vanjaar deel van dié wat vooruit beplan, en bespreek solank jou plek vir ’n spesiale geleentheid met vriende of familie. Dis die ideale manier om moeiteloos en in styl seker te maak jy maak tyd vir die belangrike mense in jou lewe voor die malligheid van Desember jou werklik tref. Maar maak die besluit gou – want daar is beperkte plek, en ons Kersfeesetes is al so gewild dat die kaartjies vlieg.

Vanjaar se Kersfeesetes beloof boonop om ekstra spesiaal te wees, met Today, SA Pork, Sparta Beef, Fairview en Robertson Winery almal daar om net die lekkerste produkte aan ons spesiale lesers te bedien.

Bespreek nou jou fees!

Don 20 Nov om 19:00 Vry 21 Nov om 19:00 Sat 22 Nov om 18:00 Son 23 Nov om 13:00 Kaartjies: R850 per persoon.

Moenie hierdie kans misloop nie – maak dit ook deel van jóú feeskalender. Bring ’n vriendin, jou vriendinne of familie en kom vier Kersfees saam met ons.

INGESLUIT BY DIE KERSFEESETE-ERVARING- Drankies van Robertson Winery- ’n Vyfgangfeesmaal PLUS al die resepte - ’n Geskenkpak vol bederwe van die borge en SARIE- ’n Aand se samesyn saam met vriende en familie

Kontantkroeg vir hardehout beskikbaar. DATUMS Woensdag 19 November 19:00Donderdag 20 November 19:00Vrydag 21 November 19:00Saterdag 22 November 18:00Sondag 23 November 13:00

BESPREKINGS EN NAVRAEBespreek jou plek, en indien jy enige navrae het, kontak Dale@charcoalconsultants.co.za.

TAFELSOns bou tafels rondom jou bespreking. Jy moet dus vir al jou gaste op een slag betaal sodat ons weet hoeveel mense om ’n tafel sit. Die tafel sal onder jou naam bespreek wees.Sien jou daar!