Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 🎵 Concerto: ’n Pianis op reis met Parkinson-siekte

Concerto: ’n Pianis op reis met Parkinson-siekte

https://www.quicket.co.za/events/320503-concerto-n-pianis-op-reis-met-parkinson-siekte/

When:

Where: 🕳 Neelsie Cinema 1

How much:

🎟️ R30.00Quicket

FILM & GESPREK

Met Nina Schumann (pianis), Gideon Lombard (gespreksleier), Jurg Slabbert (regisseur), Christiaan Boonzaier (vervaardiger)

Sedert fokale distonie – ’n breinsiekte wat onwillekeurige spasmas veroorsaak – en Parkinson se siekte by haar gediagnoseer is, het Nina Schumann, een van Suid-Afrika se voorste pianiste, besluit om die fokus voortaan op haar musiek én haar siektes te plaas. Nina deel haar ervarings as musikus en pedagoog terwyl siektes haar loopbaan in ’n nuwe rigting gedwing het, en wys vir die eerste keer in Suid-Afrika ’n kort dokumentêr wat vasvang hoe sy as Parkinson- lyer vir ’n Rachmaninoff-konsert voorberei (by die Woordfees in 2023). Daarna gesels sy oor die pad vorentoe.