Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 🎵 Neil Sandilands @ Die Boer

Neil Sandilands @ Die Boer

When:

Who: 📚 Neil Sandilands

Where: 🕳 Die Boer

How much:

🎟️

““Die Vyftigers” het die land gaande.

Hierdie jaar is Afrikaans amptelik 100 jaar oud. Maar weet jy wat nog? Daar’s ’n klomp talentvolle manne wat in 2025 hul eie 50 jaar om die son vier — presies die helfte so oud soos ons geliefde Moedertaal. Wie is hulle?

Neil Sandilands, Schalk Joubert, Gian Groen en Abel Kraamsaal — vier kunstenaars, vier stories, een verhoog. Hulle skryf, speel en leef Afrikaans soos min, en nou is hulle saam op een verhoog vir ’n aand van rou, eerlike musiek en viering. Noem dit ’n bietjie sin maak van die laaste 100 jaar van taal en die laaste 50 jaar van lewe — alles in een aand, een plek, en in een kragtige, kreatiewe taal: Afrikaans.

Hulle noem hulsef “Die Vyftigers”.

“Die Vyftigers” bekoor gehore sedert April dié jaar en dié opvoering belowe om net so besonders te wees — met melodie, ritme, lag en liriek wat lank ná die laaste noot sal bly hang.”