Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 📅 88 met Coenie de Villiers en Rocco de Villiers

88 met Coenie de Villiers en Rocco de Villiers

When:

Where: 🕳 NG Kerk Welgemoed, Diaz Street, Welgemoed

How much:

🎟️ R220.00Webtickets

’n Klavier het 88 note, maar selfs twéé klaviere op een verhoog is nie genoeg vir die vinnige vingers van hierdie twee Suid-Afrikaanse klavier-legendes nie. Gehore het gevra, en Rocco de Villiers en Coenie de Villiers het geluister. Dié twee Viljees span hulle formidable kragte vir die heel eerste keer in hierdie debuut saam. Die repertoire strek vanaf boeremusiek tot by Bach, vanaf die blues tot by ballades. Daar is ou treffers wat spog met vars vertolkings, nuwe komposisies wat spesifiek vir hierdie produksie geskryf is, en – wag daarvoor! – splinternuwe woordkuns uit die penne van albei kunstenaars.

Hulle style is uiteenlopend, maar hulle deel een groot liefde: die klavier. In die proses skep hierdie musikante ’n sonderlinge, nuwe klank. “En nee,” lag Coenie, “ontspan - ek dra nie kortbroek op die verhoog nie!”