What: 📅 Amira Willighagen en die DF-Koor: n musiekfees (tydens erediens)
When:
Where: 🕳 NG Kerk Welgemoed, Diaz Street, Welgemoed
How much:
KOM SAAM OP ’N MUSIKALE REIS …
Ons nooi julle hartlik uit na ons erediens waartydens die Nederlands-gebore Amira Willighagen gaan optree. Sy het op 9-jarige ouderdom reeds ‘Holland’s Got Talent’ gewen. Tydens verlede jaar se Kerssangdiens was dit duidelik hoekom toe sy ook Welgemoed met haar stem betower het. Hierdie jaar is dit ’n dubbele bekoring wanneer sy met DF Akademie se briljante koor en die immergewilde Jade Paige saamspan.
Kom maak agterna ’n draai by die Feeskafee om verder verlei te word deur ons baristakoffie, watertandgeregte en die besondere kuns deur plaaslike kunstenaars.
Dit is nie nodig om te bespreek nie, u is baie welkom om die erediens by te woon.