What: 📅 Kom Luister en Leef: Paneelbespreking oor egskeiding
When:
Where: 🕳 NG Kerk Welgemoed, Diaz Street, Welgemoed
How much:
Kom HEEL uit ’n egskeiding.
’n Paneel prokureurs onder leiding van Pieter de Swardt belig verskeie regskwessies rondom egskeidings. Die paneel sluit twee ervare egskeidingsprokureurs Eleanor Kritzinger en Seugnet Nelson in.
Die paneel het spesialiskennis oor die aanloop tot egskeidings; die proses; slaggate om te vermy tydens egskeidings; onderhoud; regte van pa’s, ongetroudes en grootouers; ouerskapsplanne; die beste belange van kinders tydens egskeiding, maar ook hoe om ’n vreedsame postegskeidingslewe te navigeer.
Kom geniet terselfdertyd die baristakoffie en watertandgeregte uit ons Feeskafee omring met die mooiste kuns te koop uit die kwas van ons area se talentvolste kunstenaars.