What: 📅 Die kabinet

https://www.quicket.co.za/events/320284-die-kabinet/
When:
Where: 🕳 Open Window Filmstudio
How much:
🎟️ R180.00Quicket
🎟️ R240.00Quicket
Deur André Gerber
Met ’n Burgemeester, drie kabinetslede, twee narre
“SKOKNUUS: ’n Mosie van wantroue teen die Eerste Burger het geslaag. Koalisievennote onderhandel oor sy opvolger. Hierdie is ’n ontwikkelende storie. Meer hieroor later (in die bulletin).” Wanneer ’n swanger minister, ’n eks-tronkvoël en ’n sogenaamde baba ’n mosie van wantroue teen die korrupte Eerste Burger met die goue ketting indien, word ’n dorpie in chaos gedompel. Te midde van waterkrisisse, kragonderbrekings en kommissies oor kommissies ding almal mee om die toppos: burgemeester van Onse Kleine Dorpie. Dinge ontspoor egter vinnig wanneer die sondes van die Pynlike Verlede terugkeer om by almal te spook. In hierdie absurde satire word nasiebou, skuld en magsmisbruik genadeloos ontbloot.
’n Toyota Stellenbosch Woordfees-produksie