Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 📅 Moedswil en muitery

Moedswil en muitery

https://www.quicket.co.za/events/318678-moedswil-en-muitery/

When:

Where: 🕳 Open Window Filmstudio

How much:

🎟️ R220.00Quicket

🎟️ R260.00Quicket

🎟️ R300.00Quicket

Met Albert Pretorius, Brendon Daniels, Nicole Holm, Dean John Smith

Die Hertzogpryswenner Ingrid Winterbach bied in haar jongste teaterstuk ’n oneerbiedige blik op die Suid-Afrikaanse geskiedenis, kolonialisme, ontbering en privaat plesiertjies. J.R. en sy vrou, Maria, is per skip op pad na die Kaap om ’n verversingstasie te vestig. Blussing-Fermaak, ’n verstekeling op die skip, dreig om die sending te kaap en die skip na die Kongo te neem om van daar met slawe handel te dryf, of dalk ’n kruidenierskettingwinkel te open. Teatergangers kan hulle gereed maak vir ’n drama waarin alles nie altyd is wat dit voorgee om te wees nie. Die produksie het nege KKNK Kanna-benoemings ontvang vir onder meer beste toneelaanbieding, beste ensemble, beste literêre bydrae en beste regisseur, met Brendon Daniels wat die Kanna vir die beste manlike speler in ’n ondersteunende rol ontvang het. Nie vir fynbesnaardes nie.

Vervaardiger KKNKRegisseur en ontwerper Tinarie van Wyk LootsSkrywer Ingrid WinterbachVerhoogbestuur Cole Wessels, Ané KoegelenbergProduksiebestuur Cole Wessels

’n Ko-produksie van die KKNK en die Toyota Stellenbosch Woordfees, ondersteun deur NATi

Geen o.16 (G, S)