What: 📅 Kanniedood | Boekekuiers
https://tickets.tixsa.co.za/event/kanniedood-boekekuiers
When:
Where: 🕳 Ouditorium Banketsaal
How much:
🎟️ R50.00Algemene toegangskaartjie
Kanniedood: ’n Boeiende gesprek oor misdaad, spanning en die kuns van
storievertel
Met: Irna van Zyl
In gesprek met: Jonathan Amid
Bekroonde joernalis en misdaadskrywer Irna van Zyl keer terug met haar jongste
Storm van der Merwe-roman, Kanniedood.
Wanneer die bejaarde Gerty Jonas in Zwelihle sterf, lyk dit aanvanklik na
natuurlike oorsake – maar vrae begin vinnig ontstaan.
So ontvou ’n donker en spanningsvolle verhaal wat die leser van die eerste
bladsy af vasgryp.
Bekend vir haar skerpsinnige joernalistieke oog en haar vermoë om die polsslag
van die Overstrand vas te vang, bevestig Van Zyl weer haar plek as een van
Suid-Afrika se voorste misdaadskrywers.
Sy gesels saam met Jonathan Amid oor die geheime van Zwelihle, die kuns van
die spanningsroman en die blywende aantrekkingskrag van haar ikoniese
karakter, Storm van der Merwe.
Hierdie is ’n insiggewende en boeiende gesprek vir liefhebbers van
misdaadfiksie en goeie stories.
Ouderdomsbeperking: Alle ouderdomme
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: navrae@kalfiefees.co.za
www.kalfiefees-hermanus.co.za
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm