What: 📅 Geskiedenis deur die Oë van Vroue | Boekekuiers
https://tickets.tixsa.co.za/event/geskiedenis-deur-die-o-van-vroue-boekekuiers
When:
Where: 🕳 Ouditorium Banketsaal
How much:
🎟️ R150.00Algemene toegangskaartjie
Geskiedenis deur die Oë van vroue: ’n Insiggewende gesprek oor geskiedenis,
storievertel en die krag van vrouestemme
Met: Irma Joubert, Helene de Kock, Jeanette Stals en Malene Breytenbach
Gespreksleier: Susan Booyens
Vier Vrouedag saam met vier van Suid-Afrika se mees geliefde skrywers van
historiese romans, waar die verlede en die hede mekaar ontmoet.
Hierdie skrywers is bekend vir hul vermoë om die stories van die verlede –
veral dié van merkwaardige vroue – met deernis en insig tot lewe te bring.
Hulle gesels oor hul jongste werk en delf dieper in die kuns en uitdagings van
historiese fiksie.
Hoe balanseer mens feit en verbeelding, en hoekom bly die verhale van gister
so relevant vir vandag? Hierdie vrae en meer word ondersoek in ’n gesprek wat
die krag van die vroulike stem deur die eeue belig.
Met Susan Booyens aan die stuur, kan gehore uitsien na ’n boeiende en
verruimende ervaring.
Ouderdomsbeperking: Alle ouderdomme
Kaartjienavrae:
Telefoon: 012 880 26 35
e-pos: navrae@kalfiefees.co.za
www.kalfiefees-hermanus.co.za
Werksure:
Maandag tot Vrydag: 9vm to 5 nm
Saterdae: 10vm to 2nm
Sondae: 10vm to 1nm
Publieke Vakansiedae: 10vm to 1nm