Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 📅 BLWK se Jack Human-bewaringslandbouweek

BLWK se Jack Human-bewaringslandbouweek

https://www.quicket.co.za/events/300102-blwk-se-jack-human-bewaringslandbouweek/

When:

Where: 🕳 Percheron Hall, Elsenburg

How much:

🎟️ R500.00Quicket

Bewaringslandbou Wes-Kaap (BLWK), met die samewerking van Landbouweekblad en die Wes-Kaapse departement van landbou, bied op 6 en 7 Augustus 2025 die 12de Jack Human Bewaringslandbouweek aan om kennis uit te ruil en Wes-Kaapse boere te inspireer en te bemagtig.

Internasionale landboukundiges, ’n ekoloog, vooraanstaande plaaslike navorsers en toonaangewende boere gaan hul kundigheid kom deel om boere te help om meer doeltreffend en volhoubaar te boer.

Boerdery het baie duurder geword, met risiko wat aansienlik toeneem. Dit laat boere geen keuse nie as om steeds hoër opbrengste teen groter finansiële risiko na te jaag. Daarom is dié geleentheid pasgemaak vir alle boere wat ’n meer kostedoeltreffende, winsgewende en volhoubare boerdery wil hê.

Die geleentheid bestaan uit ’n lesingdag op 6 Augustus (08:00-15:00) in die Percheronsaal by Elsenburg en ’n praktiese dag op 7 Augustus (08:00-13:00) op die Tygerhoek-navorsingsplaas, Riviersonderend.

Sprekers sluit in: Dr. Robert NortonSpesialiseer in gewasvoeding, landboustelsels en agronomie, Universiteit van Melbourne (Australië) Martin HarriesNavorsingsagronoom, DPIRD (Wes-Australië) Prof. Joana Falcão SallesSpesialiseer in ekologie en mikrobiologie, Groningen-universiteit (Nederland)Prof. Gert CeronioAgronoom, Universiteit van die Vrystaat (Bloemfontein) Louise BestbierPhD-student, spesialiseer in raaigras en plaagdoderweerstand, Universiteit Stellenbosch

Kaartjies kos R500 vir die lesings- en praktiese dag.

Studente kan teen R300 die twee dae bywoon. Kontak Apollo Bomvana by apollo.bomvana@media24.com of 067 217 0190 vir studentebesprekings.

Kom deel in die navorsing, praktiese advies, stories en waarnemings van internasionale en Suid-Afrikaanse kundiges en boere wat daagliks suksesvol bewaringslandbou beoefen.

Rig navrae aan events@landbou.com.