Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 🎵 Onthou jy Nog? - Philip Moolman

Onthou jy Nog? - Philip Moolman

https://www.quicket.co.za/events/332662-onthou-jy-nog-philip-moolman/

When:

Where: 🕳 Perron25

How much:

🎟️ R75.00Quicket

🎟️ R100.00Quicket

🎟️ R170.00Quicket

🎟️ R200.00Quicket

🎟️ R400.00Quicket

Somerkonserte by Perron 25

Dis weer daai tyd van die jaar waar ons saam kuier onder die sterre by Perron 25 – van 1 September 2025 tot 30 April 2026!

“Onthou Jy Nog…”

Akteur, sanger en liedjieskrywer Philip Moolman het in die 90`s bekend geword vir sy romantiese hoofolle in EGOLI, Die Prins Van Pretoria en Sonkring. Hy is ook mede-stigter van die gewilde Blou Hond teater-restaurant in Gauteng waar top plaaslike kunstenaars vir die afgelope 22 jaar weekliks optree.

Philip het in Parow grootgeword, maar het vir die afgelope 33 jaar in Johannesburg gewoon en werk. Sy onlangse, permanente terugkeer na die Kaap (waar sy kinderspore lê) het die nostalgiese titel en inhoud van die vertoning “Onthou Jy Nog” geinspireer.

Hy beskryf die vertoning as volg: “Heerlike, vrolike, grappige, en inspirerende liedjies, stories en staaltjies uit die goeie ou dae, voor T.V. en selfone… die beste tye, die beste musiek.” In die vertoning bring hy hulde aan Sonja, Sias, Laurika, Lukas, Coenie, Carika, Anneli, Anton, Schuster, Kramer, Tolla en vele meer… Hy deel ook `n paar van sy eie komposisies uit daardie era.

Volgens Moolman is dit maklik om te bepaal of jy die vertoning moet bywoon, of nie. Vra net vir jouself die volgende vrae: Het jy al ooit `n “Bollie” gelees? Weet jy wie is Fanie en Melanie? Ken jy kollekteer-oproepe, fotoverhaal- boekies, langspeelplate en melkkoepons? Weet jy wie is Glenda Kemp? Indien jy op bg. vrae ja kan antwoord, dan behoort jy al die liedjies te ken en die vertoning te geniet.

Bring jou piekniekmandjie en wyn of geniet ’n charcuterie-bord met ’n bottel van ons plaaslike wynmeesters se beste keuses.

Dis ’n aand van musiek, samesyn en herinneringe – soos ons dit net hier aan die Walviskus beleef.

Moet dit nie misloop nie – Philip Moolman by Perron 25 gaan ’n aand wees wat lank in jou hart bly.

Sluit aan en klik op die skakel hieronder om by ons gemeenskap aan te sluit en word deel van die storie:

https://bit.ly/eventsatPerron25