Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 🎵 Akkedis Birthday Festival (ABF)

Akkedis Birthday Festival (ABF)

https://www.quicket.co.za/events/296139-akkedis-birthday-festival-abf/

When:

Who: 🎤 prop

Where: 🕳 Flagstone Wines

How much:

🆓 Quicket

🎟️ R250.00Quicket

’n Afrikaanse Musiekfees met: Die Kaalkop Waarheid, Akkedis, Hanru Niemand en Jackie & Riku Lätti van Die WasgoedlynSaterdag 25 Januarie 2025 van 1PM - 6PM

Die Kaalkop Waarheid (DKW) is almal wat weet se gunsteling oorspronklike Afrikaanse ‘folk’ band wat sy ontstaan in Pretoria het. Die lede bestaan uit Nardus du Plooy (liedjieskrywer), Christo Strauss (mandolien), Hanru Niemand (banjo), George Rautenbach (kitaar) en Christo Groenewald (kontrabas). Hul lied “In My Lewe” is al deur meer as miljoene geluister. SAMA nominasies en suksesse agter die blad is die groep al lank aan die gaan en stoom steeds voort soos hul treffer “Wegholtrein” die wye wêreld in.

Die Kaappunters"Afrikaans Rock se Anker in die Suide" - Mister Volume.In die hoek, in die toon van die skoen van Afrika, die Kaappunt, kom daar ‘n groep gebore uitdie vrugte van ‘n musikale ontploffing van die onmoeting tussen, Bettie Blatjang (JackieLätti), Victor S. Wolf en Wian Anders (Riku Lätti). Maar dit was nie voor almal uitgenooi wasna die Karring Kaappunter (Willem Möller) glansgeleentheid by die braai met Churchil Naudewat almal soos een siel daar en dan besluit het dááí oggend in Kaappunt, saam met MarkusOralrus (Mark Louis Ellis) en Vuilsak Van Staden (Jean Marais), die tromme af te stof, die ampsoop te draai, die kitare uit te haal in te prop en af te skop met ‘n lekker harde nommerwat die bure buurte ver laat hoor het:“Dagsê, wêreld ons is Die Kaappuntersen nou gaan ons Ruk en Rol”

Churchil Naudé: Koos Kombuis oor Churchil: “My gunsteling-rap-ster". Churchil Maak Afrikaanse rap koel, maar op ’n Kaapse manier in Afrikaans om almal te wys ons hoef nie soos Amerika te maak om kwaai te kletsrym nie, hulle moet liewer wys hulle is so koel soos ons!

Die Main Dis: Akkedis. Arthur en Rudi is seker die Helderberg se bekendste tweeling sedert die begin van geskiedenis. Akkedis is sinoniem met ruk en rol in Afrikaans. Maar op die 27ste Januarie gaan ons meer as net bietjie ruk en rol. Ons gaan baie ruk en rol, want hulle word ’n somtotaal van 102 jaar oud. So kom vier fees saam met ons.

Hanru Niemand is ’n veelsydige Afrikaanse sanger-liedjieskrywer afkomstig uit die Boland. Sedert 2003 het hy stil-stil vir homself naamgemaak onder musiekkenners en spog hy vir amper twee dekades reeds met ’n klein kultus- aanhang van musikale fynproewers wat strek van die Kaap tot die Noorde. Van sy werke is ook al na Fins en Russies vertaal deur vooraanstaande vertalers vir die genot van oorsese gehore.

Die Wasgoedlyn se Jackie en Riku Lätti gaan ook optree. Saam met die Wasgoedlyn het Riku al dosyne albums opgeneem. Riku Lätti is bekend vir treffers soos Hoofstroom, Op die Maan en Smoorverlief. Met die Wasgoedlyn is Jackie en Riku bekend daarvoor dat hulle Alternatiewe Afrikaanse musiek ’n platform bied. Gaan luister gerus nou na die Wasgoedlyn daar is definitief honderde kunstenaars wat jy van sal hou op die Wasgoedlyn soos David Kramer, Anton Goosen, Piet Botha, Koos Kombuis en nou natuurlik ook Die Kaalkop Waarheid en Akkedis

Kom vier saam verjaarsdag by Flagstone Wine in Paardevlei/StrandWyn en musiek gaan hand aan hand