Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 📅 Huis van sand

Huis van sand

https://www.quicket.co.za/events/318521-huis-van-sand/

When:

Where: 🕳 Renish Girls' High

How much:

🎟️ R215.00Quicket

🎟️ R270.00Quicket

🎟️ R320.00Quicket

Met Tinarie van Wyk Loots, René Cloete, Kristen Raath

Babs en Sandy leef op die leftovers van hul verlede. Die vier mure van hul caravan ken ’n klomp geheime, en al is dit ’n humble huisie, is dit hul pondokpaleis, die girls se sandkasteel. Sandy het haar swerwersbestaan langs die N7 koebaai gegroet om ’n lewe te begin in Rodney se karavaan net buite Springbok, die bottel eers gebêre om Babs groot te maak. En saam met dit kom groeipyne en erfsondes. As volwasse vrou probeer Babs haar bes om die bloed van haar herinneringe skoon te was en aan te beweeg as onderwyseres by die plaaslike laerskool. Tog haal die stofstorms haar keer op keer in. Die koue vuur van Sandy en Babs se onthou neem die gehoor op ’n verbeeldingsvlug, ’n treinrit tot diep binne waar die grense begin grys word.

Regisseur en beligting Wolf BritzSkrywer Dianne du Toit AlbertzeStel- en rekwisiete-ontwerp Stefan BenadeKostuumontwerp Birrie le RouxVerhoogbestuur Morag Tison

’n Toyota Stellenbosch Woordfees-produksie, ondersteun deur NATi

Geen o.16 (T)