Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 📽 Kort Dokumentêr | Short Documentary: Gham! Ons het lyn + Verander + Tussen Hemel en Aarde

Kort Dokumentêr | Short Documentary: Gham! Ons het lyn + Verander + Tussen Hemel en Aarde

https://www.quicket.co.za/events/320416-kort-dokumentr-short-documentary-gham-ons-het-lyn-verander-tussen-hemel-en-aarde/

When:

Where: 🕳 Rotunda at The Bay Hotel

How much:

🎟️ R65.00Quicket

KORT DOKUMENTÊRE FILMS | SHORT DOCUMENTARY FILMS

Dié filmprojek bemagtig nuwe filmmakers om ware verhale te vertel deur kort dokumentêre van onder ’n halfuur te ontwikkel en te vervaardig. Dis ’n projek wat uit die staanspoor suksesvol was en vlugtig uitgebrei het om ’n hele nuwe genre vastrapplek in die feeslandskap te gee, met Silwerskermtoekenningskategorieë wat uitmuntende prestasies vier. Vanjaar is inskrywings ook oopgemaak vir meer ervare filmmakers wat in die dokumentêre veld werk.

The Silwerskerm Short Documentary Project enables emerging filmmakers to develop and produce documentaries of no longer than half an hour, telling real-life stories. This project was successful from the get-go and has grown quickly, enabling an entire new genre to find footing in the festival landscape, with award categories recognising outstanding achievements. This year, submissions have been opened to more experienced filmmakers working in the documentary field to submit concepts for selection.

Gham! Ons het lyn

GENRE: Menslike stories, Kultureel / Human interest, Cultural REGISSEUR | DIRECTOR: Eric SaysKINEMATOGRAAF | CINEMATOGRAPHER: Alfonzo FrankeROLVERDELING | CAST: Dylin Adams, Ronin Johannes, Chadley Dick, Terriano Duimpies, Salome Adams, Shawn KempPRODUKSIEHUIS | PRODUCTION HOUSE: CIREOUDERDOMSBEPERKING | AGE RESTICTION: Binnekort bekend / Soon to be confirmed

GHAM! is ’n intieme kyk binne die wêreld van Die Temple Boys van Ravensmead, wie se virale Afrikaanse treffers in die Gqom-genre eens na ’n ontsnaproete uit die Kaapse Vlakte gelyk het. Drie jaar ná hul TikTok-roem worstel die groep met verbrokkelende drome, identiteit en volwassenheid. Dié rou dokumentêr vang die groep se veerkragtigheid, humor en selfdoen-gees vas en hulle stryd om ’n gedeelde droom lewend te hou.

GHAM! is an intimate look inside the world of The Temple Boys from Ravensmead, whose viral Afrikaans hits in the Gqom genre once promised an escape from the Cape Flats. Three years after their TikTok fame, the group grapples with fading dreams, identity and adulthood. Intimate and raw, the documentary captures their resilience, humour and DIY spirit as they fight to keep their dream alive.

Verander

GENRE: Histories, polities / Historial, politicalREGISSEUR | DIRECTOR: Lara LourensKINEMATOGRAAF | CINEMATOGRAPHER: Phillip van ZylROLVERDELING | CAST: Lourens JacobsPRODUKSIEHUIS | PRODUCTION HOUSE: The Third Law ProductionsOUDERDOMSBEPERKING | AGE RESTICTION: Binnekort bekend / Soon to be confirmed

Verander volg die emosionele en politieke reis van Lourens Jacobs, voormalige hoof van sekuriteit vir President Nelson Mandela. Dit werp lig op wie Lourens was voor Suid-Afrika se demokratiese oorgang in 1994 en ondersoek sy rol in ’n tyd van politieke spanning en verdeeldheid. Ná die verkiesing word Lourens gekonfronteer met die uitdagende opdrag om Mandela te beskerm – ’n man wat die vorige regering as ’n “terroris” beskou het. Die film delf in die komplekse, dikwels teenstrydige waarhede gedurende sy diens, asook sy lewe ná sy vertrek uit die presidensie. Aan die hart van die verhaal lê die verhouding tussen Lourens en sy seun, Luan – ’n aangrypende verkenning van lojaliteit, botsing en uiteindelike versoening tussen twee generasies.

Verander traces the emotional and political journey of Lourens Jacobs, former head of security for President Nelson Mandela. It explores who Lourens was before South Africa’s democratic transition in 1994 and examines his role during a time of deep political division. After the election, Lourens is tasked with a profound challenge: to protect Mandela – a man labelled a “terrorist” by the former regime. The film delves into the complex, often conflicting truths surrounding his time in office, as well as his adjustment to life after leaving the presidency. At its core, the story follows the evolving relationship between Lourens and his son, Luan – a powerful exploration of loyalty, conflict and eventual reconciliation between two generations.

Tussen Hemel en Aarde

GENRE: Menslike stories / Human InterestREGISSEUR | DIRECTOR: Ursula LudickKINEMATOGRAAF | CINEMATOGRAPHER: Johannes SchoutsenROLVERDELING | CAST: Ronel du Plessis, Jannie du Plessis, Inez du Plessis, Tabbie du Plessis, Bismarck du Plessis, Alet Labuschagne, Jannes Labuschagne, Freddie FouriePRODUKSIEHUIS | PRODUCTION HOUSE: Reckless Haven Productions, Dear Heart ProductionsOUDERDOMSBEPERKING | AGE RESTICTION: Binnekort bekend / Soon to be confirmed

“Wanneer jy ’n kind verloor, lewe jy in twee wêrelde, maar bestaan nie in een nie.”Op 16 November 2021 het Jannie en Ronel du Plessis die ondenkbare beleef: die verdrinking van hulle 10 maande oue babaseuntjie, Jan-Nataniël. Ronel beskryf haar swembad as ’n heilige plek ná die tragedie: die laaste plek waar hy lewendig op aarde was en waar sy steeds sy teenwoordigheid voel. Dit is haar plek tussen Hemel en Aarde. Hierdie dokumentêr draai om Ronel, Jannie en die Du Plessis-familie se kwesbaarheid en rouproses. Dis ’n sensitiewe blik op hoe verskillende mense verlies verwerk en hoe een dag ’n lewe onherroeplik kan verander.

“When you lose a child, you live in two different worlds, but you don’t exist in either.”On 16 November 2021, Jannie and Ronel du Plessis experienced the unthinkable: the drowning of their 10-month-old baby boy, Jan-Nataniël. Ronel describes her swimming pool as a holy space after the tragedy: the last place her son was alive on earth and where she still feels his presence. It’s her place between Heaven and Earth. The documentary revolves around Ronel, Jannie and the Du Plessis family’s vulnerability and mourning process. It is a sensitive exploration of how different people deal with loss and how one day can irrevocably change a life.

VOLG ONS OP | FOLLOW US ON:InstagramFacebookTeken in op ons nuusbrief | Subscribe to our newsletter