What: 📽 Onafhanklike kortfilm | Independent Short Film: The last Ranger + Werkswinkel: Filmfeeste | Workshop: Film festivals

When:
Where: 🕳 Rotunda at The Bay Hotel
How much:
🎟️ R65.00Quicket
Independent Short Films | Onafhanklike kortfilms
Die Silwerskermfees is trots daarop om sy aanbod van onafhanklike kortfilms uit te brei. Tradisioneel was die meerderheid kortfilms wat by die fees vertoon is, geïnisieer, gefinansier en gementor deur die Silwerskermfees- kortfilmprojek. Hierdie jaar spog die fees met meer onafhanklike kortfilms deur plaaslike filmmakers in ’n verskeidenheid genres en inheemse Suid- Afrikaanse tale.
The Silwerskerm Festival is proud to expand its offering of independent short films. Traditionally the majority of short films screened at the festival was initiated, financed and mentored by the Silwerskermfees Short Film Project. This year, the festival boasts more independent short films by local filmmakers in a variety of genres and indigenous South African languages.
The Last Ranger
GENRE: Drama/DramaREGISSEUR | DIRECTOR: Cindy LeeKINEMATOGRAAF | CINEMATOGRAPHER: James AdeyDRAAIBOEKSKRYWER | SCRIPTWRITER: David Lee, Will Hawkes, Darwin ShawROLVERDELING | CAST: Avumile Qongqo, Liyabona Mroqoza, Makhoala NdebelePRODUKSIEHUIS | PRODUCTION HOUSE: The Star Film CompanyOUDERDOMSBEPERKING | AGE RESTICTION: Binnekort bekend / Soon to be confirmed
Dis die winter van 2020 en streng Covid-inperkingsmaatreëls geld in Suid- Afrika. Gedurende hierdie grendeltyd mag geen toeriste die land binnekom nie. Sonder die toeriste-inkomste kan wildreservate nie die salarisse van hul veldwagters betaal nie, wat die renosters kwesbaar laat vir stropers. Wanneer Litha, ’n jong plaaslike meisie, deur die laaste oorblywende veldwagter aan die wonder van die natuur in die reservaat voorgestel word, word hulle deur stropers in ’n lokval gelei. In die daaropvolgende stryd om die renosters te red, kom iets aan die lig wat Litha tot in haar fondamente skud.
It is the winter of 2020, and South Africa is in strict Covid lockdown, preventing tourists from entering the country. Without the tourist revenue, game reserves cannot pay the salaries of their rangers, leaving the rhinos vulnerable to poachers. When a young local girl named Litha is introduced to the magic of the game reserve by the last remaining ranger, they are ambushed by poachers. In the ensuing battle to save the rhinos, Litha makes a discovery that shakes her to the core.
Werkswinkel | Workshop
Filmfeeste dwarsoor die wêreld: Wat dit verg om ’n indruk te maak
Fasiliteerder: Wikus du ToitPaneel: Dian Weys, Adam Thal, Cindy Lee, Jason Jacobs, Devon Delmar, Imran Hamdulay, Brett Michael Innes
Hierdie strategiese werkswinkel demitologiseer die internasionale filmfeeslandskap vir opkomende filmmakers. Leer oor feeshiërargieë, voorleggingstrategieë en die sogenaamde “watervalbenadering” (“waterfall approach”) van topfeeste soos Venesië en Berlyn tot die meer streeksgebonde niskringlope. Suksesvolle filmmakers sal hul ervarings deel rondom die omgang met première-vereistes, die bou van bedryfsverhoudings en die ontwikkeling van langtermynfeesstrategieë. Deelnemers sal ook praktiese insigte kry in goeie tydsberekening met voorleggings; in dit waarna verskillende feesmarkte soek en in die kweek van die nodige deursettingsvermoë om deurbrake te kan maak in hierdie mededingende maar dikwels deurslaggewende omgewing.
Film festivals across the world: What it takes to impress
Anchor: Wikus du ToitPanel: Dian Weys, Adam Thal, Cindy Lee, Jason Jacobs, Devon Delmar, Imran Hamdulay, Brett Michael Innes
This strategic workshop demystifies the global film festival landscape for emerging filmmakers. Learn about festival hierarchies, submission strategies, and the “waterfall approach” from top-tier festivals like Venice and Berlin to specialised regional circuits. Successful filmmakers will share their experiences navigating premiere requirements, building industry relationships and developing long-term festival strategies. Discover practical insights on timing submissions, understanding different festival markets and building the persistence needed for breakthrough moments in this competitive yet rewarding space.
VOLG ONS OP | FOLLOW US ON:InstagramFacebookTeken in op ons nuusbrief | Subscribe to our newsletter