Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 📅 Ek koop my eie blomme ...

Ek koop my eie blomme ...

https://www.quicket.co.za/events/319751-ek-koop-my-eie-blomme/

When:

Where: 🕳 Spier Ouditorium

How much:

🎟️ R200.00Quicket

🎟️ R250.00Quicket

Met Erika Breytenbach

Miley Cyrus se “I can buy myself flowers” het ’n kreetlied vir enkellopende vroue oor die wêreld heen geword. In die eenvrou-komediedrama Ek koop my eie blomme deel die eiendomsagent Natalie Jackson die op-en-af van haar verhoudings, kinders, loopbaan en die vriendskap met haar vriendinne. In haar vroeë vyftigs is sy amptelik oud genoeg vir ’n tweede of derde huwelik, jonk genoeg om nie vir apartheid geblameer te word nie en vrou genoeg vir menopouse. Natalie en haar vriendinne noem nie verniet hul WhatsApp-groep Ses- in-die-city nie! Ná jare van terapie om haar demone én die patriargie te tem, is Natalie uiteindelik gereed om volgens haar eie voorwaardes te leef.

Vervaardiger Unlikely Productions in samewerking met MVG ProductionsRegisseur Toni MorkelSkrywer Mike van GraanVertaler Louise Schweikert

Geen o.16 (S)