What: 📅 Ek is nie Danie

https://www.quicket.co.za/events/319747-ek-is-nie-danie/
When:
Where: 🕳 Spier Ouditorium
Met Albert Pretorius, Schalk Joubert, Janine Neethling
In dié eenmanstuk, geweef rondom ’n keur uit Danie Marais se vier digbundels, trek Albert Pretorius die skrapnel van ’n vreesaanjaende gewone lewe skerf vir skerf uit mislukte huwelike in die buitenste ruimte van Duitsland en die bevoorregte gemors van middelklas-Suid-Afrika. ’n Storie oor ouerskap en die soeke na behoort en sin maak van ’n verlede wat die hede wurg deur ’n wit ou wat saam met sy dogter en ’n progressiewe wêreld net een ding vir Kersfees wil hê: “om nie meer altyd te moet weet hoe ’n middeljarige wit man voel oor alles nie”.
Regisseur Nico Scheepers Skrywer Danie MaraisMusiekregisseur Schalk JoubertKonsep en produksie Niel van Deventer
’n Toyota Stellenbosch Woordfees-produksie
OB (T)