Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 🎵 Amanda Strydom - State Of The Heart

Amanda Strydom - State Of The Heart

https://www.quicket.co.za/events/311997-amanda-strydom-state-of-the-heart/

When:

Where: 🕳 The Stage Coach at Santos Express

How much:

🎟️ R220.00Quicket

State of The Heart met Amanda Strydom

Sondag, 4 Mei 2025, 18:00

Amanda Strydom, die bekroonde aktrise, sangeres en storieverteller, bring haar meesterstuk State of the Heart na die verhoog – ’n emosionele, spitsvondige en hartroerende eenvrouvertoning wat steeds gehore regoor Suid-Afrika en die wêreld bekoor.Met haar kenmerkende styl neem sy die gehoor op ’n reis deur dekades van geskiedenis, liefde, verlies en hoop. In hierdie tydlose kabaret word die ou Afrikaner-tradisies, die realiteite van oorlog en die onwrikbare krag van die liefde met fyn humor, satiriese skerpte en roerende musiek verweef.

Amanda betower met haar veelsydigheid – sy sing in ses tale, vertolk ’n rits karakters van verskillende agtergronde en kleur die storie met haar eie komposisies, geliefde Afrikaanse en internasionale liede, en onvergeetlike verhoogpersoonlikheid. Van die strenge Oupa Dikdaniël tot die passievolle Maxie de Meyer en die eksentrieke Baviaanskloof-orkes, bring sy elke karakter tot lewe met haar meesterlike spel.

Die perfekte balans tussen skreeusnaakse oomblikke en hartverskeurende realisme maak State of the Heart ’n produksie wat nie net vermaak nie, maar ook diep tref. So, maak gereed vir ’n aand van lag, musiek en storievertel- kuns soos net Amanda Strydom dit kan aanbied – ’n viering van ons geskiedenis, ons kultuur en die ewige krag van die hart.

“You will leave with your heart singing” – Diane de Beer, Pretoria News

?Kaartjies is slegs R220 per persoon.

Show begin om 18:00. Kom vroeg om op ons dek te kuier en die heerlike disse van ons spyskaart te geniet. Vir meer inligting bel asseblief: +27 44 691 1995