Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 📽 Voorsmakie | Sneak Peek: Vaal Riviera

Voorsmakie | Sneak Peek: Vaal Riviera

https://www.quicket.co.za/events/326696-voorsmakie-sneak-peek-vaal-riviera/

When:

Where: 🕳 Theatre on The Bay

How much:

🎟️ R65.00Quicket

VOORSMAKIE: SHOWMAX WERKLIKHEIDREEKS | SNEAK PEEK: SHOWMAX REALITY SERIES

Sedert 2023 sluit die Silwerskermfeesprogram ook voorskoue van opwindende nuwe televisie- en stroomdiens-inhoud in. Dit beteken dat die kontemporêre Afrikaanse filmkuns nou in al sy gedaantes gehuisves, gestimuleer en gevier word by die unieke netwerkgeleentheid wat die fees bied. Dokumentêre, loodsepisodes van dramareekse en realiteits- en vermaaklikheidsprogramme word vertoon, en hierdie TV-storievertellers geniet die glans en swier van die fees saam met hul eweknieë in die filmbedryf.

Since 2023, the Silwerskermfees programme line-up started to include sneak peeks of television and streamer content as a vibrant addition to the festival. This means the Afrikaans film content landscape is now hosted, stimulated and celebrated in its entirety at the unique networking opportunity the festival offers. Feature-length documentaries, pilot episodes of drama series and reality and entertainment shows are screened, and these storytellers enjoy the glitz and glamour of the festival alongside their filmmaking peers.

Vaal Riviera

GENRE: Werklikheid / RealityREGISSEUR | DIRECTOR: Zandri DouglasKINEMATOGRAAF | CINEMATOGRAPHER: Kobus MarxREDIGEERDER | EDITOR: Alexander La CockINHOUDSVERVAARDIGERS | CONTENT PRODUCERS: Saskia Hill, Faffa NelDEELNEMERS | PARTICIPANTS: Bernelee Arangies, Charl Arangies, Rianza Snyman, Riandi Deysel, Jay Jay Deysel, Lané Swart, Corrie SwartPRODUKSIEHUIS | PRODUCTION HOUSE: Pop24 ProductionsOUDERDOMSBEPERKING | AGE RESTICTION: 13L

Dit is tyd vir die langverwagte opening van die Vaalrivier vir die vakansieseisoen, en vier families van die Vaaldriehoek maak gereed vir die groot dag op die rivier. Kykers word in hul huise ingenooi, sonder enige formele voorstellings, om die gewone, ongefilterde werklikheid te beleef wanneer die koelbokse en blink motors gepak en die bote gelaai word. Sterk persoonlikhede en familiedinamikas ontvou terwyl almal vir die eerste keer by die rivier saamkom. Vriendskappe vorm, spanning begin broei, en ’n kompeterende tube-wedren gee die toon vir die seisoen aan. Soos wat die son sak, bots sjarme en drama, en onder die oppervlakte van die feesvieringe begin iets diepers roer aan die Vaal Riviera.

It’s time for the long-awaited opening of the Vaal River for the holiday season, and four families from the Vaal Triangle are preparing for the big day on the river. Viewers are invited into their homes, without any formal introductions, to experience the raw, unfiltered reality as coolers and expensive cars are packed and boats are loaded. Strong personalities and family dynamics unfold as everyone gathers at the river for the first time. Friendships form, tensions begin to simmer, and a competitive tube race sets the tone for the season. As the sun sets, charm and drama collide, and beneath the surface of the festivities, something deeper begins to stir along the Vaal Riviera.

VOLG ONS OP | FOLLOW US ON:InstagramFacebookTeken in op ons nuusbrief | Subscribe to our newsletter