What: 📅 Tollie Parton: Hoofseun

https://www.quicket.co.za/events/319666-tollie-parton-hoofseun/
When:
Who: 🎤 Tollie Parton
Where: 🕳 HMS Bloemhof Sentrum
How much:
🎟️ R230.00Quicket
🎟️ R290.00Quicket
🎟️ R340.00Quicket
Met Wynand Kotze
Hoofseun is ’n hoogs aansteeklike, komiese, semi-aanstootlike kykie na wat dit werklik beteken om as ’n drag queen deur ’n klein Afrikaanse dorpie se verwagtinge in die gesig gestaar te word. Wynand Kotze, voormalige hoofseun van die Hoërskool Vanrhynsdorp, is nou ’n fopdosser met die naam Tollie Parton. Hoe gebeur so iets? En die grootste vraag: Hoekom bly mense dink sy is Casper de Vries met (groter) pramme? Hoofseun is propvol persoonlike stories oor haar dae as hoofseun, haar familie, en haar ervarings binne die Afrikaner- gemeenskap. Van hoofseun tot hoofmeisie… hier kom vet pret! Skuus. ’n Mens mag nie meer vet sê nie. Die pret het ’n growwe beenstruktuur.
Medeskrywer Anne HirschMusiek Loki Rothman
Geen o.18 (T, V)