What: 📅 Afrikaans 100 Kuns van die Afrikaanse Kunslied | Paarl

https://tickets.tixsa.co.za/event/afrikaans-100-kuns-van-die-afrikaanse-kunslied-paarl
When:
Where: 🕳 Toringkerk (NG Kerk
How much:
🎟️ R165.00Algemene Toegangskaartjies
Kuns van die Afrikaanse kunslied
Aangebied deur Afrikaans 100
Die Afrikaanse kunslied kom al langer as ’n eeu en is geskep deur Suid-
Afrikaanse komponiste deur sensitiewe bewuswording en voortdurende vernuwing
en innovasie. Die bestaan van die Afrikaanse kunslied is iets om te vier, in
ag genome dat die kunslied as die klassiekemusiekgenre beskou word wat
uitdrukking aan die essensie van menslike emosie en geestesbestaan gee.
Gehoorlede kan uitsien na ou bekendes soos “Op my ou ramkietjie”, “Mali die
slaaf se lied” en “Heimwee”, asook kontemporere kunsliedere en liedsiklusse
van eietydse komponiste.
Met Jo-Nette LeKay (sopraan), Linette van der Merwe (mezzosopraan), Chris
Mostert (tenoor), Niel Rademan (bariton) en Susan Steenkamp-Swanepoel (pianis)
Samesteller: Linette van der Merwe
9 Mei - 19:30
Toringkerk, h/v Hoof- en Van der Lingenstraat, Paarl
R165 Per Persoon
Kaartjies by Tixsa
Geskik vir die hele gesin
KOM IN KONTAK
012 880 2635
support@tixsa.co.za
WERKURE
Kaartjieverkope Ondersteuning:
Maandag - Vrydag: 09:00 - 17:00
Saterdae: 10:00 - 14:00
Sondae: 10:00 - 13:00
Openbare Vakansiedae: 10:00 - 13:00