Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 🎵 Valiant Swart - Sweet 60th by Daisy Jones

Valiant Swart - Sweet 60th by Daisy Jones

https://www.quicket.co.za/events/342011-valiant-swart-sweet-60th-by-daisy-jones/

When:

Who: 🎤 Valiant Swart

Where: 🕳 Daisy Jones

How much:

🎟️ R260.00Quicket

Dis reg, die Mystic Boer word sestig! En ons vier dit soos net Valiant en sy mense kan. Dis nie net sy musiek wat al dekades lank die klankbaan van ons lewens inkleur nie, dis ook die tunes wat ons terugneem na laataand kuiers om die vuur, die stofstrate van Oppikoppi, kroegies op klein dorpies, teaters landwyd, en elke opskop en festival tussenin.

Maar dis nie net die musiek nie. Wat Valiant regtig next level maak, is die wonderlike vriendskappe wat oor baie jare met hom en deur hom gesmee is. Dis jý. Dis ons almal.

vir die popsterre op die klein dorpiesdie digters in die kommunes,die dropouts, die opskoppers,die sleazegatte, die pyleen die kripvreters se kindersvir Elvis en Jimi en Kurt en James,Johnny wat nie dood is nieen die Ruiter in Swart;vir die vrye geestedie liefdemakersen die sondaarsen die sweet rock ‘n rollers

So, ons nooi ál sy vriende - oud, nuut, wild en wakker - na Daisy Jones op 23 November 2025 om die groot 6-0 te vier soos net ’n Valiant crowd kan. Kom celebrate bra Valiant saam met ons. Dis meer as net ’n verjaarsdag. Dis ’n huldeblyk aan ‘n legende.

Sondag 23 November 2025Daisy Jones, StellenboschDeure: 13h00Kaartjies R260 aanlyn by Quicket

Line-up:Jake GunnAkkedisValiant Swart & bandSurprise guest of twee