Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 📅 Volhoubare landboukonferensie op Bitterfontein

Volhoubare landboukonferensie op Bitterfontein

https://www.quicket.co.za/events/331801-volhoubare-landboukonferensie-op-bitterfontein/

When:

Where: 🕳 X7W6+G2F

How much:

🎟️ R150.00Quicket

Bespreek jou plek vir Landbouweekblad en die Bitterfontein Landbouvereniging se konferensie oor volhoubare landbou op Woensdag, 17 September 2025, in die Klipbergstoor by Bitterfontein.

Program•
Hoe heuweltjies (kolle in die veld) ontstaan het, wat hul ekologiese waarde is en hoe boere hulle moet bestuur – prof. Cathy Clarke, Universiteit Stellenbosch•
Die ekonomie van veeboerdery in die droë dele van Suid-Afrika – prof. Beatrice Conradie, Universiteit van Kaapstad•
Wat om te doen as daar ‘n prospekteer- of mynaansoek op jou plaas is – Kobus en Katrin Visser, Kliprand•
Paneelbespreking oor gemengde saai- en veeboerdery in die droogste deel van die winterreëngebied met boere soos Albie Pool, Koos Rossouw, Braam Nieuwoudt, Chrisjan Pool en Henk Burden – almal van Kotzesrus en Bitterfontein – en De Graaff Genis van Kamieskroon•
Alternatiewe inkomstebronne vir boeregesinne – boere en hul vroue voer gesprek oor kampeerplekke, bak en inlê en gastehuise.

Kaartjies kos R150 per persoon en sluit tee en koffie en ‘n heerlike middagete in.

Pin na die Bitterfontein-landboustoor: Klik HIER.

Rig navrae aan Apollo Bomvana by 067 217 0190.