Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 🎵 Jak de Priester: 25 jaar van songs

Jak de Priester: 25 jaar van songs

When:

Who: 🎤 Jak de Priester

Where: 🕳 Absa Studio Langenhovenweg

How much:

🎟️ R260.00Webtickets

DEBUUT

Kontemporêre musiek

MET Jak de Priester en orkes

2001 was die jaar waarin Jak de Priester sy eerste groot treffer, “Sally Williams Nougat”, geskryf het. Die daaropvolgende jaar wen hy die ATKV- Crescendo-kompetisie en stel sy eerste album bekend. Dit is ook die jaar waarin hy sy eerste vertoning na die KKNK bring. Dit is nou 25 jaar later – met talle liedjies, televisieprogramme en optredes later. Liedjies soos die temalied van Binnelanders, wat hom ’n huishoudelike naam in Suid-Afrika gemaak het. Hierdie jaar vier hy dit met hierdie trefferbelaaide konsert en ’n boek met sy liedjies.

Afrikaans • Gesin • 90 min.