Seatavern

Cape Town Events Weblog

What: 🎵 Jak de Priester in Maanligfontein

Jak de Priester in Maanligfontein

When:

Who: 🎤 Jak de Priester

Where: 🕳 Drostdy Theatre, Cnr Alexander St &, Bird St

How much:

🎟️ R350.00Webtickets

In 2025 vier ons Afrikaans se 100ste bestaansjaar as amptelike taal—’n groot mylpaal in ons taalgeskiedenis. In die afgelope honderd jaar het Afrikaans in musiek, kuns en letterkunde oorleef en gegroei, en een van die grootste aanhangers van die taal se skoonheid is Jak de Priester.

In sy 23 jaar as sanger het Jak de Priester al talle ikoniese liedjies geskryf. Sy musiek roep emosies op—van ekstase en verlange tot romanse en humor, maar ook diep roerende gevoelens. Jak se liedjies is meer as net melodieë; dit is stories wat mense se harte aanraak. Of dit nou oor liefde, verlies of vreugde gaan, sy musiek spreek mense op ’n diep vlak aan. Sy nuwe vertoning, Maanligfontein, beloof om ’n magiese aand vol emosie te wees—soos in ’n film. Dit is nie net ’n musiekoptrede nie, maar ’n reis deur Jak de Priester se musiek en kreatiewe wêreld, waar liedjies en stories een word. Kom vier hierdie belangrike gebeurtenis saam met Jak de Priester, en beleef ’n aand vol musiek, emosie en stories wat nie net jou hart sal roer nie, maar ’n onvergeetlike ervaring wat jou gees sal inspireer. Kom geniet die vertoning as deel van Drostdy Teater se Winterfeesprogram! Ons gaan die kaggel in ons “Upstage Lounge” aansteek en die gaste bederf met ‘n heerlike tuisgemaakte ete!